Om die Bridge-toestel op te stel
Om die Bridge-toestel op te stel

Om die Bridge-toestel op te stel

Hierdie afdeling verduidelik die stappe om ’n netwerkverbinding vir die ZB200 Bridge op te stel deur gebruik van ZBSetup, Zebra se opstellingsapp vir elektroniese temperatuursensors.
Die ZB200 Bridge is by verstek opgestel vir DHCP via Ethernet, en daarom is die volgende stappe slegs nodig indien u na ’n statiese IP-adres of Wi-Fi oorskakel.
  1. Laai ZBSetup (Zebra se opstellingsapp vir elektroniese temperatuursensors vir Android) op u mobiele toestel by die Google Play-appwinkel af.
  2. Sorg dat Bluetooth op u mobiele toestel geaktiveer is en klik dan
    Configure Bridge
    (1) (“stel Bridge-toestel op”) op die aanvangskerm.
  3. Druk en hou
    Pair
    (2) (“bind saam”) aan die voorkant van die Bridge-toestel totdat die statusliggie (3) blou flikker. Dit plaas die Bridge-toestel in Bluetooth-saambindmodus.
  4. Klik
    Continue
    (4) (“gaan voort”).
  5. Daarna soek die opstellingsapp na Bridge-toestelle in die omgewing.
  6. Kies die Bridge-toestel uit die lys wat met die Bluetooth MAC-adres agterop die Bridge-toestel wat u wil opstel, ooreenstem.
  7. Klik
    Pair
    (5) (“bind saam”) om voort te gaan.
  8. Voer geldige breedtegraad- (6) en lengtegraad- (7) koördinate vir die Bridge-toestel handmatig in, of klik
    Use Your Location
    (8) (“gebruik u ligging”) om koördinate van u mobiele toestel af te kry, sodat die Bridge-toestel die ligging by sensordata-oplaaie voeg.
  9. Kies
    Wireless
    (9) (“draadloos”) of
    Wired
    (“bedraad”) om die voorkeur-netwerkverbindingtipe te stel.
  10. Indien u
    Wireless
    (“draadloos”) kies, klik op die pyltjie langs
    Available Networks
    (10) (“beskikbare netwerke”) om u voorkeur-Wi-Fi-netwerk in die lys te kies.
  11. Om u netwerk handmatig in te voer, klik op die pyltjie (11) en voer die
    Network Name
    (12) (“netwerknaam”) en die toepaslike
    Security
    (13) (“sekuriteit”) in die aftreklys in.
  12. Voer die vereiste wagwoord in om by die netwerk aan te sluit en klik
    OK
    (14).
  13. Kies die toepaslike landkode uit die aftreklys (15).
  14. DHCP is die verstek IP-adresprotokol. Indien u na statiese IP (16) wil oorskakel, kies dit as u voorkeur IP-adresprotokol, en voer dan die IP-adres (17), subnetmasker (18), deurgang (19) en DNS-bedieners (20) in. Klik
    Apply
    (21) (“pas toe”).
  15. Bridge-toestel is nou opgestel.
Wanneer u suksesvol aan die netwerk gekoppel het, hetsy draadloos of bedraad, sal die LED-liggie langs die toepaslike ikoon aan die voorkant van die Bridge-toestel skyn.
Wanneer DHCP gebruik word, word beide die IP-adres en subnetmasker outomaties deur die Bridge-toestel verkry.